bbin宝盈集团

图片

Afrikaans and Netherlandic Studies

Rhodes>Afrikaans en Neerlandistiek

Afrikaans and Netherlandic Studies


Afrikaans, one of the most widely spoken languages in South Africa, is the mother tongue of almost six million people. Currently, fifteen million South Africans can express themselves in Afrikaans, which has roots in Europe, the East and Africa. Afrikaans has an international dimension in that Dutch, an official language in Suriname, the Netherlands and in Belgium and one of the 11 languages of the European parliament, is accessible to speakers of Afrikaans. Afrikaans and Netherlandic studies at Rhodes aims to introduce students to the South African as well as the international literary discourse via topical contemporary literary texts.  Post-graduate courses can be followed at Honours, Masters and PhD levels.

Laat ek vir Ravi quote en start as lessons

Met die thought dat prejudice distort

Hy sien waar sy die tannie wat bang slaap in haar plaashuis

En die ballie langs haar met ‘n gun en ‘n bal vuis

Die bebaarde pa wat stadig die ou landsvlag hys

Tot die straatkind op die naat van sy rug in ‘n stank ryk.

Tronkvo?ls wat dink oor wat kermuis vertel het

Die bedelaars wat jou sweetgeld gebruik vir dwelms

Die Tata in daai sinkhok met die buitetoilet

Moeg, want vandag moes hy toitoi het.

Digters soos ek en Gian wat net ons werk met iemand wil deel.

Die outjie wat wonder of hy ooit vir die land vleuel sal speel

As hy wegbreek saam ek en hy sal hy werke kry?

Die ou langsaan sukkel net dalk met iets erger as jy.

Moenie worry nie

Alles sal OK wees.

Uit Moenie worry nie, HemelBesem

 

In ‘n samelewing wat al hoe meer die fokus plaas op die wetenskappe, word die vraag dikwels gevra – is letterkunde en taalonderrig nog relevant?  Hoekom sal ek kies om Afrikaans as vak te neem as ek ‘n meer beroepsgerigte keuse kan maak? 

Want, die letterkunde gaan oor wie ons as mense is. Dit verskuif ons grense en verander die manier waarop ons dink.  Dis universeel en strek oor grense – polities, kultureel en ideologies.

Letterkunde skep by ons ‘n kulturele bewustheid.  Dit verbreed ons kennis van ander mense en van mekaar.  Dit bring marginale stemme na vore en kan transformasie en diversiteit weerspie?l en selfs teweeg bring.  Dit maak volronde mense, skep balans en verbreed jou verwysingsraamwerk.

Die internasionale konneksie van Afrikaans met Nederlands, asook die feit dat dit in lande soos Pole, Rusland en Duitsland doseer word, dra ook by tot die grensverskuiwende aard van Afrikaans.  So, van Afrikaanse rap tot N.P van Wyk Louw dek ons kursusse die hele spektrum van dit wat die hart van Afrikaans laat klop.

 

Voorgraadse Kursusse

Nagraadse studie